Gonneke in Zuid-Afrika

My vakansie, Namibië trip in het Afrikaans

My vakansie

Dis eindelik sover, die eerste kwartaal van die semester is verby. So ek gaan vakansie hou! My plan is om Namibië toe te gaan. Ek gaan saam met ‘n vriendin, die saam met my in die huis woon.

Ons vertrek op Sondagoggend vanuit Kaapstad. Ek was Saterdag al in Kaapstad, dus slaap ek in ‘n hostel in Langstraat.

In totaal is ons 16 studente, 10 van die universiteit van Kaapstad en 6 van die universiteit van Stellenbosch. Waarvan 5 ouens, 11 meisies, 11 van Amerika, 1 van Sweden, 2 van Duitsland en 2 van Holland. Dit was ’n baie lekker geselskap. Ons gaan 9 dae met ’n overland vragmotor.

Op dag 1 ry ons van Kaapstad na die Cederberge toe. Onderweg stop ons by ’n Tafelberg uitsig punt, die lug is helder dus kan ons mooi kyk. Die volgende stop is by ’n Kwa Ttu San dorp. Ons kry daar ’n toer oor die lewe van die Kwa Ttu San mense. Ons ry verder Cederberge toe waar ons vannag op ’n plaas kampeer, ons slaap in ’n tent.

Ons moet, na ’n baie koue nag, vroeg opstaan. Ons gaan weer in die vragmotor, vandag ry ons tot naby die grens van Namibië. Ons eet middagete langs die pad. Ons het ’n kok en ’n bestuurder, dis maklik! Die eerste werklike stop is in Springbok. Dit is baie warm en benoud, anders as in Stellenbosch waar dit die laaste dae baie reën. Ons slaap vannag op ’n kampeerterrein aan die Oranje rivier, aan die oorkant is Namibië. As jy onder die stortbad staan, kan jy Namibië sien, die muur is maar tot by jou skouers! Baie weird (eienaardig), maar die uitsig is pragtig.

Die nag was gelukkig nie so koud nie, en vanoggend is dit al heerlik warm as ons gaan kano op die Oranje rivier. Ons gaan twee in ’n kano vaar. Dis baie gesellig en ons boelie mekaar, ons draai die kano’s om, ons gooi mekaar nat en ons swem.

Ons moet ’n bietjie gou maak, want ons moet die grens oor en dit kan skynbaar baie lang duur. Nou is dit inderdaad ook so, ons moet baie, baie lang wag en dis baie warm. Alles het goed gegaan en ons is nou in Namibië!! Ons kampeer naby die Fish River Canyon. Ons sien sononder by die canyon, ongelooflik mooi!

Op dag 4 ry ons Namib-Naukluft National Park toe. Dis in die middel van die woestyn, maar daar is selfs ’n tv in die bar. Ons gaan Sesriem Canyon toe, dit is naby. Ons kan nie stap nie, daar is net water. Dus gaan ek swem saam met 4 andere. Môre moet ons baie vroeg opstaan vir die sonsopkomst op Dune 45.

Baie vroeg opstaan, ons vertrek om 4.45! Ons ry vinnig weg Dune 45 toe. Aangekom by Dune 45 moet ons nog ver klim, tog iets moeiliker as verwag, maar dit is die moeite werd. Dit is waansinnig! Ons ontbyt onderaan Dune 45 voordat ons Sossusvlei en Deadvlei toe gaan. Baie weird om versteende bome in die middel van die woestyn te sien.

Vannag kampeer ons werklik in ‘the middle of nowhere’. Ons kry ’n woestyn uitstappie, waar ons vertel word oor die lewe in die woestyn en oor die Boesmans. Sononder sien ons in die woestyn en vannag slaap ons nie in ’n tent nie, ons slaap onder die sterrehemel.

Op dag 6 ry ons Swakopmund toe. Onderweg stop ons in Walvisbaai, wat baie lelik is. Ek het nog nooit so lelike strand gesien nie. Ons bly twee nagte in Swakopmund, in ’n hotel! Wat ’n luukse! Ons gaan uiteet en daarna stap. Die aand is baie gesellig!

Vandag is ek heel dag in Swakopmund. Vanoggend eers in die stad rondgekyk, die stad het baie Duitse invloed. Vanmiddag het ek gequadbiked in die woestyn!

Ongelukkig begin ons op dag 8 met ons toer terug Kaapstad toe. Dit beteken 2000 kilometer in twee dae. Ons vertrek om 4.00 uur vanoggend om uiteindelik 1200 kilometer weer by die Oranje rivier te slaap. Ons sit regtig die hele, hele dag in die vragmotor wat regtig hobbelrig is. In Namibië bestaan geen teerpaaie, net dirtroads.

Die laaste dag van die toer ry ons ook net terug. Ons het nog nie ’n probleem met die trok gehad nie. Dit moes ’n keer verkeerd gaan, 80 kilometer van Kaapstad af het die dieselpyp stuk gebreek. Ons kon nog presies tot die volgende petrolpomp ry. Daar staan ons dan by die petrolpomp, terwyl ons Tafelberg kan sien. Uitendelik kom ons laat in Kaapstad aan.

Wat ’n geweldige vakansie het ek gehad!

Reacties

Reacties

mama

Haha wat een baie leuk verhaal Gon, tot gauw!

{{ reactie.poster_name }}

Reageer

Laat een reactie achter!

De volgende fout is opgetreden
  • {{ error }}
{{ reactieForm.errorMessage }}
Je reactie is opgeslagen!

Deze reis is mede mogelijk gemaakt door:

Travel Active